Hongaars

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Hongare.
Hongaars
magyar 
Uitspraak: [ˈmɒɟɒr]
Gepraat in: Vlag van Hongarye Hongarye en dele van:
Vlag van Roemenië Roemenië
Vlag van Slowakye Slowakye
Vlag van Serwië Serwië
Vlag van Oekraïne Oekraïne
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Israel Israel
Vlag van Oostenryk Oostenryk
Vlag van Kroasië Kroasië
Vlag van Slowenië Slowenië 
Gebied: Sentraal-Europa
Totale sprekers: ca. 12,6 miljoen[1] 
Rang: 57
Taalfamilie: Oeraals
 Fins-Oegries
  Oegries[2]
   Hongaars 
Skrifstelsel: Latynse alfabet (Hongaarse variant
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of Europe Europese Unie
Vlag van Hongarye Hongarye
Vojvodina
Vlag van Roemenië Roemenië - verskeie plaaslike gebiede
Vlag van Slowakye Slowakye (streekstaal)
Vlag van Kroasië Kroasië (streekstaal)
Vlag van Slowenië Slowenië (streekstaal)
Burgenland
Transkarpatië
Gereguleer deur: Navorsingsinstituut vir Lingustiek van die Hongaarse Akademie vir die Wetenskap
Taalkodes
ISO 639-1: hu
ISO 639-2: hun
ISO 639-3: hun 
Verspreiding van Hongaars

Hongaars (magyar [ˈmɒɟɒr] of magyar nyelv ) behoort tot die Oegriese tak van die Fins-Oegriese taalfamilie, wat ook Estnies, Fins en Samies insluit, en is een van min moderne Europese tale wat nie van Indo-Europese oorsprong is nie. Hongaars is die amptelike taal van Hongarye en die omgangstaal van Hongaarse minderhede in sewe aangrensende lande. Die taal word in Hongaars magyar [ˈmɒɟɒr] genoem.

Van die sowat dertien miljoen moedertaalsprekers woon tien miljoen in die huidige Hongarye en die res oorwegend in gebiede van aangrensende lande, wat voor die Eerste Wêreldoorlog deel uitgemaak het van die Koninkryk van Hongarye binne Oostenryk-Hongarye. Die grootste van hierdie groepe is die Hongare in Roemenië met sowat 1,4 miljoen moedertaalsprekers. Daar is ook Hongaarse minderhede in Slowakye, Serwië, Oekraïne, Kroasië, Oostenryk en Slowenië. 'n Bykomende miljoen Hongaarstaliges woon in ander lande van Europa of oorsee.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Hungarian" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2019. Besoek op 3 April 2016.
  2. Jacek Fisiak, Raymond Hickey, Stanisław Puppel, Language History and Linguistic Modelling: A Festschrift for Jacek Fisiak on His 60th Birthday, Contributor Jacek Fisiak, Uitgegee deur Walter de Gruyter, bl. 831, 1997, ISBN 3-11-014504-9, 9783110145045

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search